ʼn 24-jarige man is Vrydagmiddag dood nadat sy pizza-afleweringsmotorfiets in Kaapstad met ʼn voertuig gebots het.
Volgens André Visser, ʼn woordvoerder van ER24, is die slagoffer van sy motorfiets af gestamp in ʼn kruising in Rondebosch. “Die man het in die pad gelê toe paramedici op die toneel kom. Hy het verskeie ernstige beserings opgedoen. Hy het op die toneel ophou asemhaal en pogings om sy lewe te red was onsuksesvol. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Visser gesê.
Die insittendes van die voertuig is ongedeerd.