Plaasaanval: Bejaardes vermoor, seun kritiek

crime-scene-tape-320x191Dawid en Ralie de Villiers, albei in hul tagtigs, en hul seun Davie (53) is Woensdagoggend op hul plaas in die Oos-Kaap aangeval.

Volgens kaptein Ursula Roelofse, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval op hul plaas, Broadlands naby Barkly-Oos plaasgevind. “Die aanvallers het deur ʼn klein venstertjie toegang tot hul plaashuis bekom. Die bejaarde egpaar is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek, hul seun het ook erge beserings opgedoen,” het Roelofse gesê.

Die egpaar se dogter, Christina de Villiers, het op hul liggame afgekom.

Volgens OFM is De Villiers en die egpaar se skoonseun, Johan Olivier, albei dokters in Barkly-Oos. OFM berig die Vrystaatse lugambulansdiens, Aerocare, is onderweg na Bloemfontein met Dawie sodat hy daar behandel kan word.

Volgens Roelofse is niks uit die huis gesteel nie en is die motief vir die aanval nog onbekend. “Inligting rondom die aanval is nog skaars en die polisie ondersoek die saak,” het sy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gawie Botha ·

Weereens,ek kan nie verstaan dat ons as “Witmense” net glo dat hierdie soort aanvalle,sal net met iemand anders gebeur,en nie met jou self,en as gevolg daarvan nie paraat en voorbery is vir sulke Arnagie!,,,,,,,,,,,,,,,,Word wakker mense!!! Die swart mense vertel oor Nasionale TV. hoe hulle ons gaan uitmoor,,,en julle dink dit is belaglik!

Judge ·

“Die motief is onbekend.” Wow. Genuine ? En my neus is ‘n baber.

Trudie ·

@Gawie. Gawie, ek voel soos alle Afrikaners voel, maar ‘hoe” berei mens jou voor vir sulke dinge. Wat meer moet mense doen, ons bly alreeds in tronke en nog kom die barbare in. Doe enigste uitweg, mns moet maar beurte maak om iemand elke nag te laat regop sit en die wêreld bekyk wanneer die inbrekers kom. En dan sal hulle nog doen wat hulle wil doen. Niks hou die barbare uit nie. Nie bedags, nie snags. Hulle lê jou voor om jou dood te maak. Mens kan nie jaar in en jaar uit in jou huis bly en nie uitgaan nie. Nee, die vuilgoed hou jou dop en wag jou in as jy terugkeer. Wat meer moet mens doen, jy is nie eers in jou kar veilig nie. Nee, die duiwel is behoorlik los en die mensdom vergeet daar is ‘n God na wie ons kan keer en weer bidure begin hou.

Net-Ekke ·

Hoekom kan die barbare nie die wittes uitlos nie ? Gaan ons na die townships en vermoor hulle ? nee ons doen dit nie……………

Katarsus ·

Die Vader in die hemel weet dat as bejaarde blankes sommer vir niks vermoor word dan is dit net nog iets wat in ons fantastiese rainbow nation gebeur maar laat een blanke sy hand lig teen die
bedreigde spesie van die rainbow nation dan is dit oral oor en hul spring sing en dans dit nou te se die wat nie op grond neer slaan en skreeu soos malles. Dalk moet ons ook van dai taktiek gebruik maak en alles uitbassuin oor media huilend by die kamer waar ons geliefdes wreed vermoor le miskien kry ons ook simpatie. Mag God sy roede nie spaar teen hierdie onregverdigheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.