Plaasaanval: Boer en voorman geskiet

Gert van Wyk, ʼn boer van die Bapsfontein-omgewing in Gauteng, en sy plaasvoorman is Maandagoggend op hul plaas, Tweefontein, aangeval en geskiet.

Frans van der Berg, die president van Agri Gauteng, het aan Maroela Media gesê Van Wyk en sy voorman was saam met ander werkers in die landery, besig om mielies te stroop. ʼn Groep gewapende mans het hulle in die landery aangeval. “Die plaasvoorman is op die toneel doodgeskiet en Van Wyk is in sy rug gewond. Hy is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal in Kemptonpark geneem,” het Van der Berg gesê. Die groep rowers het daarna na Van Wyk se kantoor by die huis gegaan waar die verdagtes sy vrou, Retha, aangehou en beroof het. “Sy is darem ongedeerd, maar baie getraumatiseer,” het Van der Berg bygevoeg.

Volgens Van der Berg was Van Wyk gistermiddag in ʼn stabiele toestand. Die naam van die voorman kan in die stadium nie bekend gemaak word nie.

Maroela Media wag nog vir terugvoer van die Gautengse polisie vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gawie Botha ·

Hierdie is weereens bewys,,,,,,dat jy gewapen moet wees ten alle tye en paraat moet wees,ons “Witmense” moet nie n sutuasie skep,,dat daar n geleentheid ontstaan,dat jy aangeval,beseer,beroof en vermoor kan word,,,,,,,,al die plaas moorde tot op datum,bekend aan die “regstelsel” en media wereld deur,gee outomartiese toestemming,vir self verdediging,met maksimum geweld,aangesien misdaad in totaliteit t.o.v. moord op “Witboere” nie meer beheer kan word deur die SAPD/Staat!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.