Plaasaanval: Boervrou en buurman keer vier verdagtes aan

Argieffoto

Vier vermeende plaasrowers is Vrydagoggend op ʼn plaas naby Delareyville in Noordwes aangekeer terwyl hulle glo besig was om ʼn 70-jarige boer en sy vrou (56) te beroof.

Sers. Kelebogile Moiloa, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê vier mans het omstreeks 06:00 die vrou oorval toe sy buitentoe gegaan het om die honde uit te laat. Een van die aanvallers het die man en sy vrou aangerand en in twee aparte kamers toegesluit.

“Die vrou kon deur ʼn venster uit die huis ontsnap en het na haar bure gehardloop vir hulp. Die buurman het saam met die vrou teruggekeer na die huis toe. Die verdagtes was steeds in die huis doenig,” het Moiloa gesê.

Die buurman het vermoedelik twee van die verdagtes in die boud geskiet, waarna die ander twee aangekeer is. Die polisie is ontbied en het al vier verdagtes, tussen die ouderdom van 20 en 30, in hegtenis geneem. Die twee wat geskiet is, is onder polisiebewaking in die Delareyville-hospitaal.

Die verdagtes moet na verwagting Maandag in die Delareyville-landdroshof verskyn. Hulle word aangekla van poging tot roof en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

P. van der walt ·

Die buurman moes meer as net hulle in die boud geskiet het.

Johan van den Berg ·

Ek hoop net nie die donners leef nog nie!! Want as hulle geslaag het en nog n boer vermoor was, het hulle niks oorgekom nie!!

Linda ·

Ongelukkig is dit poging tot roof hulle het nie weg gekom met iets nie so kan ni roof wees ni maar hoop hulle sit lank

Flash ·

Die buurman het dalk nie so sleg geskiet nie.
Kop of nek skote is moeilik op 600 tree, veral as die wetter hardloop…
Maar dankie tog hulle is gevang. so vir minstens tot Maandag kan hulle nie meer witmense aanval nie.
Maandag vertel hulle in die hof hulle het kom werk soek of wou kom hoenders koop, toe vloek die oumies hulle en noem hulle k woord, dis hoekom hulle die oubaas gemoer en opgesluit het.
Dis tog duidelik hulle is die ene onskuld!

HELENA SEABORNE ·

kan wragtig ni di nut sien hukom hulle opgeneem is in di hospitaal ni. eers steel hulle mens rot en kaal en dan mut jo taxgeld betaal om die mur weer gesond te kry om dit maar net weer te gaan dun. laat hulle vrek en klaar kry. good ridance vir bad rubish

Klippie ·

Ek mag nie alles sê wat ek dink nie, maar hulle maak dit vir mens moeilik op Christelik op te tree!

Miss Knysna ·

Goeie buurman!! Hoop rowers is in een van die vuil hospitaale waar die susters die patiente sleg behandel.

Ronel ·

As die buurman hulle dood geskiet het sou hy seker die een gewees het wat in die tronk gesit het….. julle weet mos hoe werk die land van ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.