Plaasaanval: Karooboer in hospitaal

Die polisie is op soek na twee mans wat Marais van der Merwe, ʼn boer van Middelburg in die Oos-Kaap, aangeval het.

Kapt. Stefanie Smith, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê Marais is Vrydagaand omstreeks by sy plaas, Dunblane, aangeval.
“Marais het van die dorp af teruggekeer na sy plaashuis en is daar deur twee gewapende mans oorval toe hy sy motorhuis wou oopsluit,” het Smith gesê.

Een van die mans het Marais met ʼn panga aangeval. Hy het beserings en snywonde aan sy liggaam en arms opgedoen. “Die verdagtes het sy selfoon, beursie en geld wat in sy kantoor was, gesteel. Hulle het hom daarna in ʼn voertuig gelaai en sowat 2km van sy huis af in ʼn veld gelos. Marais het bebloed na sy huis geloop, in sy voertuig geklim en na ‘n buurplaas gery om hulp te kry,” het Smith bygevoeg.

Marais is na ʼn hospitaal in Middelburg geneem vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andre Wilmans ·

Farmers must employ screened white unemployed men to gaurd their homes and families day and night in return for food and accomodation and a small stipend. Arm them and let them work shifts.

Anne ·

Die probleem is net dat meeste witmans wat sonder werk is, nie op plase vir ‘n minimum loon wil gaan werk nie… Hulle sal eerder le en suffer by die huis…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.