Plaasaanval: Skrywer Chris Barnard aangerand

Chris Barnard. Foto: LitNet

Chris Barnard, die bekroonde skrywer, is Woensdagaand op sy plaas naby Nelspruit, Mpumalanga, aangeval. Hy is aangerand en het ure lank vasgebind op die vloer gelê, berig Laeveld Media.

Sy vrou, die regisseur Katinka Heyns, was nie tydens die voorval tuis nie.

Daar word berig dat vier gewapende mans omstreeks 19:30 toegang tot sy huis verkry het voordat hy die alarm kon aktiveer. Hy is met bloudraad vasgebind en glo in die gesig geslaan.

Omtrent alles in die huis is gesteel en op Barnard se bakkie gelaai, waarmee die verdagtes gevlug het. Barnard is vanoggend deur sy huishulp aangetref wat hulp ontbied het.

Volgens paramedici van ER24 het Barnard ligte beserings opgedoen. Hy is by sy huis deur ʼn dokter behandel en is nie na ‘n hospitaal geneem nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan Henning ·

Oom Chris, jy moet maar liewers terugkeer hier na Sandowaan toe. Die ou “bergparadysie” weg nog vir jou. Hier sal jy veiliger wees.
Sterkte met die ligaamlike en geestelike herstel

Piet Bliksem ·

Tragies – maar dis hoe dit is. Niemand is meer veilig nie. Wonder of hierdie geval geregistreer word vir volgende jaar se misdaad statistiek van SAPS

Sarie van Niekerk ·

Ja tipies die spul lafaards, soek altyd die oumense uit wat alleen is. Jammer om te hoor Chris, sterkte vir jou en Katinka, dit is nou maar ongelukkig die land waarin ons vandag woon.

SANETTE HENNING ·

Die ANC regering se grodwet word belaglik gemaak deur aanvalle, moordenaars, diewe en verkragters,ens want hul het gese almal het die reg om te lewe , veiligheid, skoonwater,werk,elektrisiteit, onderrig ens ens . Intussen is niemand meer veilig, nie eens in ons gepanserde huise nie want die wets oortreders het dieselfde regte as ons. Geen wonder sommige mense neem reg in eie hande want dis uit moedeloosheid omdat die regering en polisie ons faal !! Want as jy hul skakel kom hul hopelik na 12ure daaraan , ek praat uit ondervinding, inbrekers was in my skoondogter se huis doenig al wat haar geskei het van hul was n veiligheidshek, sy het hul geskakel hul ingelig sy is in huis en diewe ook, nou ja met my en haar ma se aankoms het hul spore gemaak maaar polisie het 13ure daarna daar aangekom om vas te stel wat is probleem belaglik!!!! So weet aanvallers en diewe ook polisie reageer nie en kan hul maar salig voortgaan. Die wat oortree se straf te lig is of kom wegomdat howe oorvol is. Waar sal als eindig!!! Mnr Zuma se statestiek oor misdaad sal nooit al die misdaad weergee nie want dan stel hy sy regering in swaklig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.