Twee mans is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die moord op Jannie du Plessis, ʼn boer van Villiers.
Die Valke het Donderdag bevestig die verdagtes, wat onderskeidelik 29 en 33 jaar oud is, is in Gauteng in hegtenis geneem.
Die verdagtes gaan Vrydag in Villiers se landroshof verskyn. Hulle word aangekla van moord, gewapende roof, verkragting en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.
Maroela Media het vroeër berig Du Plessis (64) is op 6 Januarie vanjaar op sy plaas Gretna Green drie keer in die maag geskiet, waarna hy vir ure lank saam sy vrou in ʼn kluis toegesluit is. Du Plessis het drie weke later in die hospitaal gesterf.
Lees ook:
Villiers-boer sterf ná plaasaanval
Villiers-plaasaanval: Boer oorleef “eerste hekkie”
Villiers-plaasaanval: “Bid vir my pa”
Boer stabiel ná aanval
Boer geskiet, vrou in kluis toegesluit