Plaasaanval-verdagte bly in aanhouding

tronkhande1-320x191

Argieffoto.

ʼn Man wat vermoedelik deel was van ʼn groep van agt mans wat oor die naweek verantwoordelik was vir drie plaasaanvalle en die verkragting van twee vrouens in die Tagana’s Hoek-omgewing, het Dinsdag in die Letsitele-landdroshof verskyn.

Die saak is tot 28 Januarie uitgestel wanneer die verdagte na verwagting gaan aansoek doen om borgtog. Die 32-jarige, wie se naam nie genoem mag word voor hy gepleit het nie, is nie gevra om te pleit op aanklagte van verkragting, huisbraak en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie nie. Hy bly in die polisie se aanhouding tot sy volgende hofverskyning.

Maroela Media het Dinsdag berig die agt mans het Saterdag op drie plase toegeslaan. By die eerste plaas het hulle glo ʼn 32-jarige vrou verkrag en drie vuurwapens en R300 gesteel. By die volgende plaas het hulle ʼn 59-jarige huishulp van Zimbabwe verkrag en by die derde plaas het hulle elektriese huisware gesteel. Die 32-jarige verdagte is Maandag in hegtenis geneem. Lees meer hier.

Brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, het aan ʼn SAPA-korrespondent gesê die ander sewe mans het te voet gevlug en is nog soek.

Mulaudzi het die publiek versoek om te help soek na die verdagtes. “Terwyl die verdagtes weggehardloop het, het hulle van die elektrieseware en van die geld laat val. Twee van hulle is reeds uitgeken en hulle sal binnekort in hegtenis geneem word,” het Mulaudzi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eben ·

Hangwani Mulaudzi hoekom moet die publiek help soek …. na swak behandelling en diens van die polisie. Dink jy nie dit hoogtyd dat jy daardie groot lyf van jou oplig en help soek saam jou ‘troepe’?

Komaan ou grote … kom-kom!! Vang ons iemand …. skiet uit verdeding word ONS aangekla … nee dankie!!

Pop ·

Ek is redelik goed beveilig in my erf en huis. As daar iemand hier inkom skiet ek dood, want dit gaan moeite kos om in te kom, so ek sal weet dis kwaadwillig. Ek gaan nie wreed doodgemaak of verkrag word deur die gemors in hierdie land nie.

plaas nooi ·

Ek bly op n plaas maar dis een groot plaas met n paar huise Maak ni saak hoeveilig n mens is ni di gemors kom nog steeds in ek al so bang om buite met my seuntji te speel. El sluit my self soos n kluisenaar in my huis toe my skoon ouers is so 4 huise van ons ons mans werk op skofte so nou moet jul weet as dt by nagskof kom hoe is my senuwee

mickey ·

dit wat ek regtig voel sal maroele nooit publiseer nie kan maar net se sterkte aan die mense wat geraak is deur die barbaarse vuigoed ons boer ook en dis maar altyd in n mens se agterkop dat ons almal blootgestel is en om te boer is om buite te wees jy kan jouself nie toesluit agter slot en grendel nie jou brood en botter verdien jy in die oopte of dit dag of nag is sekere goed kan nie altyd wag tot jy seker is dis veilig nie veral wat jou diere aanbetref

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.