Plaasaanval: Vroulike boer van Uitenhage met haelgeweer aangehou

haelgeweerʼn Boer (28) van Uitenhage in die Oos-Kaap is Dinsdagaand op haar plaas aangeval, met ʼn haelgeweer aangehou en beroof.

Ao. Basil Seekoei, ʼn woordvoerder van die polisie, het Woensdag gesê drie gewapende mans het die plaas, Welcome Home, omstreeks 19:00 betree en haar buite die plaashuis ingewag. Die mans was met ʼn haelgeweer en messe gewapen.

“Hulle het haar in die huis in forseer en op kontant en vuurwapens aangedring,” het Seekoei gesê. “Hulle het haar hande met kabelbandjies vasgevind en wou toegang tot die kluis bekom. Die rowers het ses vuurwapens en ammunisie, kontant en ʼn wit Ford Ranger-voertuig gesteel en op die vlug geslaan.”

Die vrou kon daarin slaag om haarself los te maak en het die bure se hulp ontbied.

Die bakkie is later verlater in die Motherwell-omgewing opgespoor.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

leon ·

Helo Amy, ja jys reg. Jy gaan nooit weer iets hoor van die aanval nie. Die polisie stel nie belang om hulle te soek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.