Plaasaanvalle: “Boere moet in kontak bly met mekaar”

Thandi Modise, premier van Noordwes, het sy skok uitgespreek dat die vermoorde Eric Labuschagne, ‘n bekende hondeteler, en sy 78-jarige ma wat in ‘n badkamer toegesluit was, eers ná ‘n week in hul huis aangetref is.

“Die afsterwe van ‘n bekende hondeteler buite Rustenburg dui op die noodsaaklikheid vir boere om gereeld in kontak te bly met mekaar,” het Modise Saterdag gesê. “’n Doeltreffende kommunikasienetwerk met boere moet deur landelikeveiligheidstrukture in stand gehou word om plaasaanvalle te voorkom en reaksietye te bespoedig indien aanvalle plaasvind.”

Labuschagne, wat Deense honde geteel het, het vir ‘n week lank dood in sy huis gelê terwyl sy bejaarde ma, wat Alzheimer se siekte het, in die badkamer toegesluit is. Die polisie het eers Donderdag op Labuschagne se liggaam afgekom, en sy ma is eers Vrydag in die badkamer ontdek. Labuschagne is met ‘n mes gesteek en met ‘n klip aangerand. Sy ma was gedehidreer en geskok. Sy is na ‘n hospitaal geneem. Klik hier om meer te lees.

“Ons wens Labuschagne se ma ‘n spoedige herstel toe en bid dat sy die krag sal hê om die tragiese afsterwe van haar seun te kan hanteer,” het Modise gesê. Sy doen ‘n beroep op die polisie om geen steen onaangeraak te laat voordat die verantwoordelike partye in hegtenis geneem is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ignatius

Ja agbare minister, ons het sulke strukture gehad in die vorm van die kommando stelsel, wat julle ANC dreksels afgeskaf het, sodat julle maatjies kan “Kill the Boer” sing en dit kan uitvoer. Daarbenewens het julle die vuurwapenwette so aangepas dat dit bykans onmoontlik is om wapens te besit, sodat julle ons so kan ontwapen en julle lustig kan moor onder weerlose oumense, vroumense en kinders. Julle span die SABC as kwaadspreker in om blatante leuens te verkondig, julle eie minister Marius Fransman is een groot kwaadspreker en leuenaar wat alles moontlik sal doen om boere in swak lig te… Lees meer »