Plaasaanvalle: “Boere moet in kontak bly met mekaar”

Thandi Modise, premier van Noordwes, het sy skok uitgespreek dat die vermoorde Eric Labuschagne, ‘n bekende hondeteler, en sy 78-jarige ma wat in ‘n badkamer toegesluit was, eers ná ‘n week in hul huis aangetref is.

“Die afsterwe van ‘n bekende hondeteler buite Rustenburg dui op die noodsaaklikheid vir boere om gereeld in kontak te bly met mekaar,” het Modise Saterdag gesê. “’n Doeltreffende kommunikasienetwerk met boere moet deur landelikeveiligheidstrukture in stand gehou word om plaasaanvalle te voorkom en reaksietye te bespoedig indien aanvalle plaasvind.”

Labuschagne, wat Deense honde geteel het, het vir ‘n week lank dood in sy huis gelê terwyl sy bejaarde ma, wat Alzheimer se siekte het, in die badkamer toegesluit is. Die polisie het eers Donderdag op Labuschagne se liggaam afgekom, en sy ma is eers Vrydag in die badkamer ontdek. Labuschagne is met ‘n mes gesteek en met ‘n klip aangerand. Sy ma was gedehidreer en geskok. Sy is na ‘n hospitaal geneem. Klik hier om meer te lees.

“Ons wens Labuschagne se ma ‘n spoedige herstel toe en bid dat sy die krag sal hê om die tragiese afsterwe van haar seun te kan hanteer,” het Modise gesê. Sy doen ‘n beroep op die polisie om geen steen onaangeraak te laat voordat die verantwoordelike partye in hegtenis geneem is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ignatius ·

Ja agbare minister, ons het sulke strukture gehad in die vorm van die kommando stelsel, wat julle ANC dreksels afgeskaf het, sodat julle maatjies kan “Kill the Boer” sing en dit kan uitvoer. Daarbenewens het julle die vuurwapenwette so aangepas dat dit bykans onmoontlik is om wapens te besit, sodat julle ons so kan ontwapen en julle lustig kan moor onder weerlose oumense, vroumense en kinders. Julle span die SABC as kwaadspreker in om blatante leuens te verkondig, julle eie minister Marius Fransman is een groot kwaadspreker en leuenaar wat alles moontlik sal doen om boere in swak lig te stel en vyandskap te verwek. Ses dinge haat die Here… gaan lees maar op.
Dit is duidelik dat die “Kill the Boer” veldtog uiters suksesvol is, julle hoëkoppe kan allerlei rasionalisasies gebruik oor hoekom dit kammig onskuldig is, terwyl julle idiotiese onderdane wat geen oulap as mense werd is nie, hulleself kan verhef deur uitvoering daaraan te gee.
MAAR EK WIL U MEEDEEL DAT ONS ‘N MAGTIGE GOD DIEN WAT NIE SLAAP NIE. Ons volk is op ons knieë voor God, dat hy met julle, wat ons sonder rede haat en sonder rede uitmoor, sal handel. Ons sal nou ‘n vasdag uitroep en ons voor die Here verootmoedig. Dan sal ons hom bid om met julle te handel soos in 2 Kronieke 20:24. Ek sê weer: ONS HET JULLE GEEN KWAAD AANGEDOEN NIE! ONS PROBEER JULLE SELFS VANDAG NOG HELP, VOED EN KLEE. ONS BRING STEEDS AAN JULLE DIE EVANGELIE. Julle mense leef in ons huise, ons versorg en vertroetel julle. Julle moor ons uit! Laat God die regter en bloedwreker wees vir elke druppel onskuldige bloed wat julle boosaards vergiet. Tot nou toe het ons gebid vir julle siele en dat God julle genadig sal wees. Nou sal ons gebede wees dat hy julle sal uitroei soos onkruid, Dit is nog nie te laat nie. Bekeer julle van julle booshede en draai na die Here wat getrou en regverdig is om julle van julle ongeregtighede te reinig.

Gawie Botha ·

Die SWart mense is so bevrees vir die metode en doel van die witman,dat hulle nooooooooooooit weer toestemming sal gee vir die inwerkging stelling van n weermag komando!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.