Plaasaanvalle en -moorde: Hier is die statistiek

Volgens navorsing wat gedoen is oor aanvalle wat in Kraal Uitgewers se nuutste boek, Treurgrond: Die realiteit van plaasaanvalle, 1990–2012, opgeteken is, is Gauteng die gevaarlikste provinsie vir plaas- en plotbewoners.

Die navorsing is slegs gegrond op die aanvalle wat in die boek opgeteken is en geverifieer is. Treurgrond is die eerste keer in 2011 uitgegee en het hoofsaaklik bestaan uit data wat reeds vir jare deur TLU SA ingesamel is. Verdere navorsing is gedoen en meer as 700 bykomende plaasaanvalle is in die nuwe uitgawe ingesluit. Die boek is saamgestel deur dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, genl.maj. Chris van Zyl van TLU SA en Ilze Nieuwoudt van Kraal Uitgewers. Die boek is by Kraal Uitgewers beskikbaar. SMS “Treur” na 34388 om ʼn bestelling te plaas. Treurgrond kos R350 (R40-posgeld uitgesluit). Vir meer inligting besoek www.kraaluitgewers.co.za of skakel 012 644 4329.

Treurgrond: Die realiteit van plaasaanvalle, 1990 tot 2012

1. Totale aantal aangetekende aanvalle: 3 319

2. Aantal jare wat in Treurgrond gedek word: 23

3. Indeling van aangetekende aanvalle volgens provinsie:

4. Indeling van aanvalle volgens jaar:

5. Jaar waarin meeste plaasaanvalle aangeteken is: 2002 – 241 aangetekende aanvalle (met ʼn gemiddeld van sowat 20 aanvalle per maand)

6. Jaar waarin minste plaasaanvalle aangeteken is: 1990 – 32 aangetekende aanvalle (met ʼn gemiddeld van bykans drie aanvalle per maand)

7. Aanvalle per provinsie in afgelope 23 jaar: (Die provinsie waarin die meeste aanvalle in die betrokke jaar plaasgevind het, is met ʼn gekleurde blok gemerk.)

Plaasaanvalle in Suid-Afrika van 1990 tot 2012 (per provinsie)

8. Provinsie met die meeste aangetekende aanvalle in die tydperk 1990 tot 2012: Gauteng, met 657 aanvalle. Dit kom neer op ʼn gemiddeld van sowat 29 aanvalle op plase en kleinhoewes per jaar.

9. Provinsie met die minste aangetekende aanvalle in die tydperk 1990 tot 2012: Die Noord-Kaap, met 53 aanvalle. Dit kom neer op ʼn gemiddeld van 2,3 aanvalle per jaar.

10. Provinsie met die meeste aangetekende aanvalle in ’n enkele jaar: Gauteng, met 92 aanvalle in 2008 (gevolg deur KZN, met 82 aanvalle in 2002 en KZN, met 59 aanvalle in 2000).

11. Gevaarlikste drie provinsies ten opsigte van aangetekende plaasaanvalle van 1990 tot 2012:
i. Gauteng
ii. Mpumalanga
iii. Noordwes

12. Totale aantal aanvallers wat in boek genoem word: 4 021 (aantal aanvallers word in 1 333 aangetekende aanvalle genoem)

13. Gemiddelde aantal aanvallers per aanval (bereken volgens 1 333 aanvalle, wat die aantal aanvallers aandui): Drie per aanval

14. Gemiddelde ouderdom van slagoffers: 53,3 jaar

15. Totale aantal direkte slagoffers wat in boek genoem word: 5 818 (4 123 hiervan se ouderdomme is bekend)

16. Ouderdomme van slagoffers:

17. Persentasieverdeling van slagoffers volgens ouderdom

18. Aantal moorde aangeteken van 1990 tot 2012: 1 610

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

mmm en die goverment dink nog steeds daar is nix fout ni. gud mut bykom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.