Plaasaanvalle: “Gevaarlikste provinsie”-ranglys bekendgestel

Treurgrond

ʼn Simboliese uitstalling sal Donderdag tydens die bekendstelling van Kraal Uitgewers se nuutste boek, Treurgrond: Die realiteit van plaasaanvalle, 1990 tot 2012, gehou word as voorstelling van die meer as 3 300 plaasaanvalle wat in die boek gelys is. Die uitstalling, bestaande uit meer as 3 300 pare skoene, sal visueel die skokkende omvang van plaasaanvalle en -moorde ten toon stel.

Volgens dr. Dirk Hermann, medesamesteller van Treurgrond, bevat dié boek – wat volg op die eerste uitgawe wat in 2011 uitgegee is – meer as 3 300 beskrywings van plaasaanvalle, sowat 700 meer as in die vorige uitgawe.

Tydens die bekendstelling sal verskeie syfers (insluitend, onder meer, die ouderdomsverdeling van slagoffers en die gemiddelde aantal aanvallers wat per aanval betrokke is) rakende plaasaanvalle onthul word. ʼn Ranglys van die gevaarlikste provinsies ten opsigte van plaasaanvalle sal ook bekendgemaak word. Dié inligting spruit uit navorsing wat oor die aanvalle wat in Treurgrond opgeteken is, gedoen is.

Treurgrond is ʼn gesamentlike projek tussen die Solidariteit Beweging en TLU SA. Verskeie bekendes wat AfriForum, Solidariteit en Kraal Uitgewers se projek teen plaasaanvalle ondersteun, insluitende Steve Hofmeyr en Chris Chameleon, sal die geleentheid bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SANETTE HENNING ·

Die hartseer is dat moorde op boere as roof gerrigistreer word want hul moor 2 mense en steel net n selfoon. Plaasaanvalle statestieke word hierdeur nie reg deur polisie gehanteer nie, roof van selfoon is minamiale diefstal en word die moorde halfhartig gehanteer en as florensies maande wag vir uitslae raak sake se inligting weg en kom van hul skotvry daarvan af. Polisie en regstelsel vaal boere keer op keer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.