Plaasaanvallers soek borgtog

hofhamertjie-2-320x264Ses mense wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn plaasaanval in die Vrystaat, gaan na verwagting Donderdag aansoek doen om borgtog in die Bothaville-landdroshof.

Henry Ofoha (39), Paulus Radebe (38), Johannes Koalepe (42), Stoffel Maloisane (31), Lebelo Mochoa (43) en Prince Sunny Asagwara (34) is op 10 Desember in hegtenis geneem.

Vyf van die mans het glo in November ‘n boer, plaaswerker en ʼn huishulp op die boer se plaas naby Bothaville aangehou. Hulle het glo geld, ʼn horlosie, juwele, selfone, vyf jaggewere, ʼn haelgeweer en ʼn voertuig gesteel. Die sesde verdagte is ʼn plaaswerker.

Hulle word aangekla van diefstal en sameswering om ‘n misdaad te pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ria Maritz ·

NEE, NEE, NEE – ‘n DUISEND MAAL NEE !

Los hulle agter slot en grendel.

GawieM ·

NOG ‘N MOORD!!! Die polisie in Oos-Londen het 3 BARBARE vasgekeer wat laasnag ‘n familie om ‘n plaas in Gulu buite die stad aangeval het. Die boer van 76 en 2 ander familielede is aangerand en een van die familielede is doodgeskiet. Ek weet nog nie wat die mense se name is nie.

Ek se dit weer. Ons as Blankes moet ALMAL ons denkwyse verander va. Dit gebeur net met ander na wanner is dit my beurt en ons daarop voorberei en paraat te wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.