Plaasaanvallers soek borgtog

hofhamertjie-2-320x264Ses mense wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn plaasaanval in die Vrystaat, gaan na verwagting Donderdag aansoek doen om borgtog in die Bothaville-landdroshof.

Henry Ofoha (39), Paulus Radebe (38), Johannes Koalepe (42), Stoffel Maloisane (31), Lebelo Mochoa (43) en Prince Sunny Asagwara (34) is op 10 Desember in hegtenis geneem.

Vyf van die mans het glo in November ‘n boer, plaaswerker en ʼn huishulp op die boer se plaas naby Bothaville aangehou. Hulle het glo geld, ʼn horlosie, juwele, selfone, vyf jaggewere, ʼn haelgeweer en ʼn voertuig gesteel. Die sesde verdagte is ʼn plaaswerker.

Hulle word aangekla van diefstal en sameswering om ‘n misdaad te pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ria Maritz

NEE, NEE, NEE – ‘n DUISEND MAAL NEE !

Los hulle agter slot en grendel.

AmY

Hoekom soek hulle borgtog? Om te gaan klaarmaak wat hulle begin het?

GawieM

Mense luister gerus hierna.
http://www.youtube.com/watch?v=UgoVMggojlM

GawieM

KAN ONS DIT LANGER TOELAAT????? ‘N DUISEND MAAL NEEEEEEEEEEE

http://www.youtube.com/watch?v=AKYYctR87-o&list=PLlK6twzBD6TAlv71Hm3hYamXhX6KcL1sa