Plaasbestuurder in hof oor renosterhorings, olifanttande

Foto: www.rhinoconservation.org

ʼn Plaasbestuurder het Donderdag in die Naboomspruit landdroshof verskyn vir die beweerde besit van renosterhorings, olifanttande en onwettige vuurwapens.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol Ronel Otto, sê Jan Louis Lessing (58), is op borgtog van R3 000 vrygelaat. Die saak is uitgestel tot 29 Maart vir verdere ondersoek. Lessing is Donderdag in hegtenis geneem nadat daar glo drie renosterhorings, vier olifanttande en onwettige vuurwapens in sy besit gevind is. Lessing het aan die polisie gesê dat hy die horing en tande lank terug in ʼn kluis op die plaas gevind het. Hy het nie die nodige permitte gehad om die horings en tande in sy besit te hê nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.