Plaaslike agent kan nou ruimtevlugte verkoop

Suid-Afrikaners kan nou plaaslik hulle kaartjies vir ruimtevlugte bespreek. Foto: Virgin Galactic webwerf

ʼn Johannesburger, Vanessa Rothery, het pas by ʼn span van 140 internasionale agente aangesluit, wat kaartjies vir ruimtevlugte kan verkoop. Virgin Galactic het dié aankondiging Woensdag gemaak.

“Dit is vir ons belangrik dat Suid-Afrikaners besprekings vir ruimtevlugte, asook nog inligting oor Virgin Galactic, by ʼn plaaslike kundige kan bekom,” het Carolyn Wincer, die hoof van reisontwikkeling gesê.

Die ruimteskepe VSS Enterprise en VMS Eve kan ses passasiers per ruimtevlug dra en die eerste toetsvlugprogram het reeds afgeskop, het die TimesLive berig. Volgens die Virgin Galactic webwerf sal ʼn gravitasielose gevoel en die uitsig op die aarde vanuit die buitenste ruim ʼn ruimtetoeriste rondom R1,5-miljoen uit die sak jaag. Passasiers sal dieselfde opleiding as ruimtevaarders voor hulle vlug ondergaan.

Virgin Galactic het verder gesê hulle wil ruimtereise in die beryk van die gewone man se hand sit. Die maatskappy gebruik die nuutste tegnologie om kwessies soos veiligheid, kostes en omgewingsimpakte te oorkom.

Vir nog inligting, lees hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.