Plaasmoord in Barkly-Oos: Drie verdagtes in die hof

plaasheiningTwee mans en ʼn vrou wat van die moord op Sarel Pretorius, ʼn boer van Barkley-Oos, beskuldig word, het Dinsdag in dié dorp se landdroshof verskyn.

“Die saak teen Bongani Nojokwe (31), Vumile Dingalibala (28) en Thandeka Mthiyane (33) is tot 30 Januarie uitgestel sodat hulle formeel kan aansoek doen om borgtog,” het kapt. Ursula Roelofse, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê.

Ondersoekbeamptes het die mans in Gauteng opgespoor ná ʼn intensiewe soektog. Pretorius is verlede Dinsdag op sy plaas Rooipoort vermoor. Sy vrou was in die badkamer toegesluit.

“Die ondersoekspan het ononderbroke gewerk en leidrade gevolg wat Saterdag uiteindelik tot die inhegtenisneming van twee verdagtes in Hillbrow, Gauteng, gelei het,” het die provinsiale polisiekommissaris Celiwe Binta gesê.

Mthiyane het saam met die twee mans in die hof verskyn, aangesien sy glo ʼn medepligtige is. Sy is van Gauteng en word aan die plaasmoord verbind, het Roelofse gesê.

Die polisie het tydens die inhegtenisneming beslag gelê op R74 000 kontant en twee 9mm-pistole.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ant ·

Die logiese volgende stap is vir die polisie om hierdie drie te ondervra en hul redes vir hierdie aanvalle te publiseer en op te volg? om hulle vas te keer is die polisie se minimum taak, om die tipe misdaad te stop behoort die eind doel te wees. Ongelukkig blyk dit ons is te dankbaar as hulle slegs die minimum taak verrig. Almal is dit eens hierdie kan nie so aangaan nie. Kan ons dalk van ons medeburgers in die polisie hoor wat hulle gaan doen om dit te stop?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.