Plaasmoord: Bejaarde boer van Vryheid doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Willem Weites, ʼn 78-jarige boer van Vryheid in KwaZulu-Natal, is Maandagoggend op sy plaas doodgeskiet.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê Weites was besig om ʼn waterpomp reg te maak toe drie gewapende mans hom oorrompel het. “Hulle het hom met ʼn vuurwapen aangehou en kontant en sleutels geëis, waarna hulle hom twee keer geskiet het,” het Zwane gesê. Weites is in sy kop en bors getref en is op die toneel dood.

Die verdagtes het daarna Weites se huis betree en ʼn onbekende hoeveelheid geld uit sy kluis gesteel, waarna hulle gevlug het.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mary-Ann,Nagel ·

Dit is net onaanvaarbaar! Dan wil Harrold Pakendorf maak asof dit ‘n leuen is as Sunette Bridges hom op Dagbreek konfronteer!! Wat ‘n skande Harrold……

G@TVOL ·

Nee wragtig,,, GENOEG is nou GENOEG. Elke dag lees n mens van ons boere wat vermoor word. Die regering wil ons nie help nie, ons sal moet saam staan en hierdie pes uit die land kry

ALIDA ·

Ja, die geleerde mense weier om die waarheid en die feite te aanvaar. Mooi Sunette jy het jou man gestaan teen die wat dink hulle is slim.

justi ·

Die opdrifsels! Die lae gemene skuim van die aarde! Wonder of dit nie tyd is dat die blankes dieselfde moet begin doen sodat hulle kan voel hoe dit voel…..beroof, gemartel, vermoor!!! Sies hulle is nie werd om in die samelewing te wees nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.