Plaasmoord: Bejaardes en seun doodgeslaan

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bejaarde egpaar en hul seun is Sondag op hul plaas naby Richmond in KwaZulu-Natal deur ʼn onbekende hoeveelheid mans oorval en met klippe en ʼn panga doodgeslaan.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 12:44 plaasgevind. “Die egpaar se huis is geplunder en die verdagtes het met vuurwapens, huishoudelike toerusting asook ʼn onbekende hoeveelheid geld ontsnap,” het Zwane gesê.

Die Richmond-polisie ondersoek drie sake van moord en ʼn saak van huisbraak. Niemand is nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie. Die name van die slagoffers is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Justi ·

Goeie genade dit is skokkend! Die gemors!! Die uitvaagsels! Hoe wreed kan die gemors nog wees?

Ek kan my die mense se angs en pyn indink.

Mag hulle spoedig gevang word. Die hemel alleen weet waar gaan alles eindig. Die kriminele het meer reg as ordentlike landsburgers.

Theresa ·

Wat ‘n wrede manier om te sterf. Dis onmenslik. Sulke vuilgoed is nie mense nie. Skiet hulle vrek as hulle gevang word. (Nog makliker as die arme 3 ongeskuldige mense se wyse). Word hulle gevang word hulle op die hande gedra, beskerm en die belastingbetaling betaal verder vir hulle luukse lewenswyse. Maar nou ja wie is ek om te praat. Plaasaanvalle se syfers is minder, moorde is minder, geweld is minder. Dit gaan great in hierdie land.

Amanda ·

Waar is die media?? Verlustig hulle aan Oscar se lewe wat uitmekaar val. Julle is almal ewe siek. Los die man in vrede en kry klaar!!! Walglik!!! Ons BLANKES word uitgemoor en geen niemand gooi dit op die voorblad!!

Almal te bang die spul gatkruipers. Adriaan is nou sommer nommer een!!!. Te bang vir oor die vingers tik, nou tik hy PUK en Beeld se geldsake word weer GERUK!! Waar gaan dit eindig vra almal?? As die blankes weer begin hande vat. ” EENDRAG MAAK MAG”!! Die rooi gevaarte kry soveel publisiteit hy word al weer al hoe dikker. NUMSA spoor almal aan om te staak en die land gaan onder.

Baal tyd en Zubikat sit aan die hoof. Afgodery. Verbastering.SONDAG IS DIE BESTE INKOPIE DAG!!! Ons sal binnekort die veld in gedryf word. Staan op en veg terug stem al is dit vir die DA. Die volkie moet wees knie buig en verootmoedig.

YAHWEH is ewig. Mosterd “saadjie” geloof????? Hoekom is daar ‘n verskil in die volmaakte skepping diere. Maar die mense die wil oor en weer teel!!! Hoekom?????

Waarom as dit in GOD se raadsplan was hoekom lyk ons nie almal dieselfde?? Is die toring van BABEL ‘n lekker vermaak storie?? Sommige beweer mos die opstanding was ook net ‘n lekker ou storietjie……My binneste is so vol ek tik en tik net……

JJ ·

Dit is die waarheid. Ek sien tannie ken die waarheid van Yahweh. My pa het n blad op facebook as tannie belangstel. Dit word genoem
“Die Woord Van YHWH”

alet ·

Waarom nie die doodstraf terug bring dan kan die ander lande sien wie word gehang en wie is hierdie land se misdadigers en die meeste moordenaars of is dit ook aparteid se skild

Sharon ·

Ons kan nooitdat daardiemag in die verkeerde hande val nie. Dit was Zimbabwe se grootste fout

Linda Botha ·

Dit is geweldig ontstellend en bitter bitter hartseer dat ons in SA sulke uiterste boosheid moet beleef. God is en bly in beheer, mag Hy geregtigheid laat seëvier in Sy regverdige oordeel. Ons bid die naasbestaandes troos en vrede toe.

Dan ·

So gaan die wreedaardige moorde op blankes onverpoosd voort en net mooi niemand doen iets daaraan nie. Digby die 90 000 blankes is reeds sedert 1994 vermoor. Indien hierdie drie mense bv. in Engeland op hierdie wyse vermoor was, sou dit hoofnuus in die media wees vir maande lank. Hier by ons haal dit skaars die voorblaaie. Soos in hierdie geval, word dit dalk gepubliseer omrede dit “boere” is wat vermoor is, want sien, daar is tot nou sowat 3500 boere vermoor en dit klink darem nie so erg soos 90 000 blankes nie. Waarom word foto’s van die moordtonele nie op die voorblaaie geplaas en die wêreld ingestuur nie? Daar is ‘n baie eenvoudige antwoord.

Alet, ek dink jy slaan die spyker op die kop oor die redes waarom die doodstraf nooit teruggebring sal word nie.

Ongelukkig is die meeste blankes aandadig aan hierdie onheile – onthou twee derdes van hulle was in 1992 so oortuig van die “utopia” wat die NSA vir hulle sou bring. Hulle wou nie luister na die waarskuwings nie.

Christine van Vegelen ·

My hart is seer, op my kniee vra ek Vader beskerm asseblief my land en sy mense.Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.