Plaasmoord: Bejaardes en seun doodgeslaan

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bejaarde egpaar en hul seun is Sondag op hul plaas naby Richmond in KwaZulu-Natal deur ʼn onbekende hoeveelheid mans oorval en met klippe en ʼn panga doodgeslaan.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 12:44 plaasgevind. “Die egpaar se huis is geplunder en die verdagtes het met vuurwapens, huishoudelike toerusting asook ʼn onbekende hoeveelheid geld ontsnap,” het Zwane gesê.

Die Richmond-polisie ondersoek drie sake van moord en ʼn saak van huisbraak. Niemand is nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie. Die name van die slagoffers is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Justi

Goeie genade dit is skokkend! Die gemors!! Die uitvaagsels! Hoe wreed kan die gemors nog wees?

Ek kan my die mense se angs en pyn indink.

Mag hulle spoedig gevang word. Die hemel alleen weet waar gaan alles eindig. Die kriminele het meer reg as ordentlike landsburgers.

Theresa

Wat ‘n wrede manier om te sterf. Dis onmenslik. Sulke vuilgoed is nie mense nie. Skiet hulle vrek as hulle gevang word. (Nog makliker as die arme 3 ongeskuldige mense se wyse). Word hulle gevang word hulle op die hande gedra, beskerm en die belastingbetaling betaal verder vir hulle luukse lewenswyse. Maar nou ja wie is ek om te praat. Plaasaanvalle se syfers is minder, moorde is minder, geweld is minder. Dit gaan great in hierdie land.

Amanda

Waar is die media?? Verlustig hulle aan Oscar se lewe wat uitmekaar val. Julle is almal ewe siek. Los die man in vrede en kry klaar!!! Walglik!!! Ons BLANKES word uitgemoor en geen niemand gooi dit op die voorblad!! Almal te bang die spul gatkruipers. Adriaan is nou sommer nommer een!!!. Te bang vir oor die vingers tik, nou tik hy PUK en Beeld se geldsake word weer GERUK!! Waar gaan dit eindig vra almal?? As die blankes weer begin hande vat. ” EENDRAG MAAK MAG”!! Die rooi gevaarte kry soveel publisiteit hy word al weer al hoe dikker. NUMSA… Lees meer »

alet

Waarom nie die doodstraf terug bring dan kan die ander lande sien wie word gehang en wie is hierdie land se misdadigers en die meeste moordenaars of is dit ook aparteid se skild

GawieM

Malema se bendes. Dit gaan net vererger.