Plaasmoord: Boer glo met hamer doodgeslaan

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn 56-jarige boer van Himeville in KwaZulu-Natal se Underberg-distrik, is Donderdagaand op sy plaas, Outlook, aangeval en glo met ʼn hamer doodgeslaan.

Kaptein Thulani Zwane, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê die aanval het omstreeks 18:30 plaasgevind.

“ʼn Groep mans het toegang tot die boer se huis bekom en hom en sy vrou oorval,” het Zwane gesê. “Hulle het die boer se vrou in ʼn badkamer toegesluit, terwyl hulle met die boer deur die huis is. Hulle het hom later vermoor. Die boer se vrou kon daarin slaag om deur die venster te ontsnap en het na hul bure gehardloop vir hulp. “Teen die tyd wat sy en die bure weer op die toneel gekom het, het die groep reeds gevlug.”

Die verdagtes het die egpaar se twee voertuie gesteel, asook ʼn haelgeweer. “Ander items is nog nie identifiseer nie.”

Die Himeville-polisiestasie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die boer se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

fransie ·

Die hoeveelste tragiese dood van n boer op sy plaas!! Sterkte aan die familie. Iewers sal iets gedoen moet word om hierdie sinnelose moorde te stop!!

Jasper ·

Hou vas. Hierdie is net die begin. Ons Volkie dut nog so bietjie.

Johan ·

Dink die tyd het aangebreek om die paar vuurwapens wat daar nog tussen ons is, skoon te maak, te laai en ‘n soos destyds ‘n groep bymekaar bring.

Jenny Ellis ·

As hulle net die doodstraf ten minste vir n jaar wil terug bring vir n trial run, sal hulle sien die moorde sal end kry. Net die Vader kan ons help.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.