Plaasmoord buite Brits

‘n 74-jarige boer is Vrydagoggend naby Brits vermoor en drie mense wreed aangerand en beseer.

“Die boer is drie keer in die bors geskiet. ‘n 94-jarige vrou is beseer, ‘n 68-jarige vrou is geskiet en met ‘n skerp voorwerp gesteek. ‘n 16-jarige is ook verskeie kere in die rug geskiet,” het die polisie in Noordwes gesê.

Die verdagtes het met ses selfone, R10 000 kontant, drie vuurwapens en ‘n voertuig gevlug, berig SABC. “Die voertuig is later verlate opgespoor,” het die polisie gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die polisie is nog op soek na vier verdagtes.

Geen verdere besonderhede is tans bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.