Plaasmoord in die Suid-Kaap

Ria Mills (65), ‘n boer van die Suid-Kaap, is Saterdag dood aangetref in haar Potsteel-Hoogte-plaashuis in Hamelkop.

Malcolm Pojie, woordvoerder vir die polisie, het gesê Mills is in haar sitkamer dood aangetref met ‘n skietwond in haar nek. Besorgde vriende het die polisie in kennis gestel toe sy Saterdagaand nie by ‘n ete-afspraak opgedaag het nie. ‘n Vuurwapen het langs haar liggaam gelê en polisie sal nou ballistiese toetse doen om te bepaal of dit die moordwapen was. Volgens Pojie het die aanvallers in Mills se voertuig gevlug. Die voertuig is Sondag verlate by Wolwedansdam opgespoor.

Mills se iPad, skootrekenaar en handsak is ook gesteel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SANETTE HENNING ·

Ria hul het na n geweldadige aanval in Evander verhuis na plaas om rustiger te lewe en nou dit Hoeveel kan 1 gesin verduur. Moorde en aanvalle sal nie stop voordat strawwe swaarder is nie . Waarom kan moordenaars nie geban word na Robbeneiland waar hul lewenslank opgesluit kan word nie.Of het moordenaars en geweldenaars en verkragters meer regte as die wat aangeval word? HUL SKROOM NIE OM N MENS SE LEWE TE VAT EN TE VERNIETIG HOE KAN N MOORDENAAR DAN REGTE HE? Die grondwet word belaglik gemaak deur Moordenaars, aanvallers, verkragters, diewe, optogte en korrupsie. Word wakker Suid Afrika se leiers jul het als te ver laat gaan , kan jul die gemors hanteer? Glo nie is net Gatvol vir die chaos!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.