Plaasmoord: Kinderhuis kry miljoene

ʼn Boer van Noordwes wat vroeër vanjaar tydens ʼn plaasaanval vermoor is, het sy boedel van meer as R30 miljoen aan ʼn kinderhuis bemaak.

Beeld berig dat At van der Merwe (68) vroeg in April een oggend in sy plaashuis aangerand en beroof is. Van der Merwe het nog geleef toe ʼn vriend van hom op hom afgekom het. Hy het glo water gevra kort voor hy sy bewussyn verloor en gesterf het. Hy het erge kopbeserings gehad. Van der Merwe, wat byna ʼn kluisenaarsbestaan gevoer het en ongetroud en kinderloos was, het geen verbintenis met die kinderhuis in Potchefstroom gehad nie. Van der Merwe se eiendom is verlede Vrydag tydens ʼn veiling verkoop. Sy nege klein plase, huisraad en implemente is vir R26 miljoen opgeveil. ʼn Trust sal gestig word om die geld op die mees volhoubare manier in belang van die kinders te bestee. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met Van der Merwe se moord nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petro Doman ·

Baie geluk en dankie aan die onbaatsugtige gebaar van wyle Mnr v/d Merwe! In stede daarvan dat mense mekaar nou te lyf gaan vir die geld het hy dit agtergelaat vir ‘n baie goed doel!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.