Plaasmoord: Oud-polisieman glo met strykyster, kookwater gemartel

Gerrit Myburgh

Gerrit ‘Billy’ Myburgh (79), die oud-polisiekommissaris wat Maandag op sy plaas naby Heidelberg in Gauteng dood aangetref is, is glo met ʼn strykyster en kookwater gemartel voor hy vermoedelik verwurg is.

Die Heidelberg Nigel Heraut het Dinsdag berig Myburgh, ‘n oud-distrikskommissaris, se hande en voete was glo vasgebind terwyl hy Sondagaand wreed gemartel is, waarna hy glo met sy eie klere verwurg is.

Kapt. Thivulavi Tshilate, ʼn polisiewoordvoerder, het aan die koerant gesê die voorval het tussen 21:00 die aand en die volgende oggend op Myburgh se plaas Boschfontein plaasgevind.

Lt.kol. Katlego Mogale, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Myburgh se liggaam is deur sy kleindogter in sy kamer aangetref. “Die motief vir die moord is in die stadium nog nie bekend nie,” het Mogale gesê. “Inligting oor die aanval is ook skaars en ons weet nie hoeveel mense by die aanval betrokke was nie, aangesien die man alleen op sy plaas gebly het.”

Tshilate het aan die Heraut bevestig dat Myburgh se tuinier vir ondervraging ingeneem is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nico

“Die motief vir die moord is in die stadium nog nie bekend nie,” het Mogale gesê.
Asseblief! Die idioot! Almal WEET wat die motief agter sulke vergrype is.

Carin

Wanneer is genoeg eendag genoeg?
Dit kan mos nie so aanhou nie mense. Die arme man het sy lewe gewy aan dienslewering en niemand verdien om so grusaam te sterf nie.

Seg net

Die moorde op ons boere sal nie end kry voordat al wat boer is niemand op sy plaas toelaat nie en eers skiet dan vrae vra. Dit sal net ‘n paar keer gebeur en hulle sal gou die boodskap kry. Wat soek enige vreemde persoon op ‘n boer se plaas of vir wat dit werd is in jou erf of huis?

Stoere Boer

Piet Croukamp skryf “maar die kru rassisme van Sunette Bridges (wat byna altyd na swart Suid-Afrikaners as “barbare” verwys)” en val dan almal aan wat “regs” is. Nou Piet is dit normaal om mense met kookwater en ‘n yster te martel. Doen gewone mense dit of is dit ‘n barbaarse gebruik. Ek stel dit nou duidelik geen mens sal so iets aan sy medemens doen nie (terloops het jy al gehoor dat ‘n Afrikaner dit aan swart mense doen?) net barbare tree so op.

Flash

Dit is onverklaarde oorlog.
Rasse uitwissing.
Boosheid reg uit die hel.
Mag God hom wreek op die barbare!
Asook die Piet Crouwkamps, die de FW Klerks en Roelf Meyers wat oordentlike mense verraai enbeswadder, maar kop wegdraai en die waarheid ontken, of die boosheid goedpraat en rasionaliseer.
Ek bid vir hulle totale uitwissing!
Boosdoeners!