Plaasmoord: Slagoffer het in vrieskas versmoor

Een van die verdagtes tydens ‘n vorige hofverskyning

Die bejaarde plaasslagoffer, Annatjie van Rooyen, het tydens ʼn plaasaanval in ʼn vrieskas versmoor, het Beeld Vrydag berig.

Dr. Daniel Humphris, ʼn patoloog, het Donderdag in die rondgaandehof in Parys in die Vrystaat getuig.

Ngope Abram Oupa Mokoena (47), sy vrou Mmaditaba Francina Mokubung (46) en Ezekiele Mtshembelele Mguni (30), het onskuldig gepleit op ʼn aantal aanklagte in verband met die aanval, het die koerant berig.

Van Rooyen (76) en haar man, Ernest van Rooyen (77), is in Januarie in hul plaas se snoepwinkel naby Parys aangeval en vermoor. Hul liggame is ʼn paar dae ná die aanval opgespoor. Annatjie se hande was agter haar rug met skoenveters en haar voete met draad vasgebind, waarna sy in ʼn vrieskas geplaas is.

Humphris het gesê hy moes wag vir haar liggaam om te ontvries voor hy ʼn nadoodse ondersoek kon doen.

Ernest se liggaam is op die vloer van die winkel aangetref. Hy en sy vrou het altwee steekwonde gehad.

Die hof het ʼn verklaring aangehoor wat Mokoena die dag van sy inhegtenisname gemaak het. Volgens die verklaring voer Mokoena aan dat hy met “Rasta” (Mguni) ooreengekom het om die egpaar te beroof omdat hulle hom glo geld geskuld het vir verfwerk wat hy vir hulle gedoen het.

“Rasta het die ou wit man geslaan en die man het terugbaklei. Die ou vrou het nog gelewe toe hy haar in die vrieskas gesit het,” het hy in die verklaring gesê.

Die saak duur voort.

– SAPA

Lees ook:
Derde verdagte in hof vir Parys-plaasmoord
Derde verdagte vas vir Parys-moord
Van Rooyens se beweerde moordenaars borg geweier
Twee in hof oor Parys-vrieskasmoord
Parys-moord: Valke vang twee verdagtes
Nóg ʼn vrieskas-moord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peter Bezuidenhout ·

Barbaarse wreedheid,mag julle dieselfde behandeling kry…Glo dit as julle wil of nie…Die wiel draai wel,”Regtig”…

Kaspaas ·

Ek wil nog steeds statistieke sien van hoeveel blankes deur nie-blamkes vermoor word teenoor nie-blankes wat deur blankes vermoor word. En dan ook percentasie gewys t.o.v ras, hoeveel present van elke ras betrokke is by die voorvalle. Dit sal die ware natuur van ons demokrasie aan die kaak stel.

Stuiwer ·

Dit sal ‘n verrassende syfer wees. Ek dink dit is veel erger as wat ons ons voorstel.

Seg Net ·

Kaspaas daardie statistiek sal jy nooit in jou lewe sien nie. Die polisie hou glad nie sulke statistiek nie. Dit sal te opsigtelik vir die buiteland wees en die ANC sal dit nie toelaat nie. So ook sal jy geen statistiek van plaas aanvalle of plaas moorde kry nie. Geen statistiek van watter ras watse misdryf word gehou nie aangesien die moontlikheid daar is dat dit kan uitlek.

Annamarie ·

Hulle is nie mense nie Peter hulle is van die duiwel besete,en is snaaks hulle kan net ou mense aan vat wat nie rerig terug kan baklei nie.Ek so baie hulle moet in die see in gejaag word en weg gespoel word.Wonder hoe hulle sal voel as ons as wit mense so iets begin doen teenoor hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.