Elizabeth Helena (Lizelle) le Roux, ʼn vrou in haar vroeë 40s, se lyk is Maandagoggend op ʼn plaas in Molteno in die Oos-Kaap aangetref.
“Le Roux het Sondagmiddag oudergewoonte op die plaas Sunnyside gaan stap, maar het teen sonsondergang nog nie teruggekeer nie,” het kapt. Roelofse, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, aan Maroela Media gesê. “Haar ouers en bure het na haar begin soek, maar hulle het haar teen 23:00 nog nie gekry nie. Haar liggaam is Maandagoggend deur polisiebeamptes opgespoor.”
Volgens Roelofse is Le Roux met ʼn skerp voorwerp aangeval en sy het verskeie steekwonde opgedoen.
“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”
Sy was nie getroud nie.
Shame man , hulle sal die skuldige seker nie kry nie…..
Bid asb v die familie dit is skokkend