Plaasmoorde: Boodskap trek die wêreld in

AfriForum se adjunk uitvoerende hoof, Ernst Roets, oorhandig die memorandum aan Melisizwe Blackie, die presidensie se verteenwoordiger.

Van die Uniegebou en deur-tot-deur van ambassades in Pretoria, is die boodskap besig om te versprei dat die kwessie van plaasmoorde aangespreek moet word.

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, is tans besig om memoranda aan 110 ambassades en internasionale instellings te rig waarin hy ʼn beroep op die internasionale gemeenskap doen om diplomatieke druk op die regering te plaas om die kwessie van plaasmoorde aan te spreek. Elke memorandum word deur ʼn afdruk van die boek Land of Sorrow (Engelse weergawe van Treurgrond) asook die dokumentêre film oor plaasmoorde War of the Flea vergesel.

ʼn Afskrif van die memorandum is Donderdag per hand aan ʼn verteenwoordiger van president Jacob Zuma by die Uniegebou oorhandig.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het verduidelik dat hierdie aksie deel van AfriForum se Stop die Moorde-veldtog is wat daarin poog om plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te laat verklaar en om spesialiseenhede vir landelike veiligheid in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

melanie scott ·

Daar sal niks van kom want plaasmoorde is nie ons president se prioriteit nie,dit maak dan nie eens die nuus nie,al wat nuus maak is die dood van die mynwerkers,hoekom word die plaasmoorde nie uitgesaai nie,want ons regering wil nie he die buitelanders moet weet wat werklik aangaan in die korupte/moord reenboogland nie!

Zondra Hoffmann ·

Melanie slaan die spyker op die kop. Die Regering se prioriteit is om van een bedrog spul na die ander te beweeg om meer en meer geld in hulle sakke te sit. Daar is lankal nie meer enige poging om gestand te doen aan beloftes wat gemaak was deur Nelson Mandela nie. Mens kan amper nie glo dat daar in die amper 15 jaar na Madiba, niks gebeur het om die armes, huis-, en werkloses te help nie. Die situasie word net elke dag erger, daarom is die stakings amper ‘n daaglikse gebeurtenis, en is hulle eise so buitensporig want hulle sien elke dag hoe lekker die politici lewe.

Kobus ·

Zondra, wat de moer het die armes, huis- en werkloses met plaasmoorde te doen?

Francois ·

Ek dink dit is baie goed dat iemand n punt maak van die plaas moorde en nie net n blinde oog rond loop nie.

Dawie ·

Moenie negatief wees met woorde soos “dit gaan niks help nie” of “Dit is nie die regering se fokus nie”.

As al hierdie goed nie gedoen word nie, sal die dinge wat in plek moet val in die toekoms, ook nie gebeur nie! Doen eerder alles wat jy kan en nog meer, sodat dinge sal uitwerk vir die dag wat die vierkleur weer sal wapper en ons `n trotse volk kan wees wat SAAMSTAAN!

Ja, staan eerder saam en doen alles wat jy kan as wat ons teen mekaar stry en nerens kom soos wat dit tans gaan. Mense, dit is tyd dat ons ons kleinlikhede agter ons moet plaas en saam staan, en as jy dit nie vir jouself of jou volk wil doen nie, DOEN DIT TEN MINSTE VIR JOU EIE NAGESLAG!

Laat die wereld weet van elke dingetjie wat die regering doen, wat misdaad aanbetref en hoe dit teen veral die blanke toegespits word, want dit sal ons saak versterk wanneer daar eendag oorgegaan word na aksie, en instede van kritiek, sal daar ondersteuning wees, in watter maat ookal!

Mense, begin saam trek, nie teen mekaar nie. EN VOORDAT DIE VOLK NIE TERUGKEER NA GOD NIE, (en dit begin met jou, nou hier, vandag, in daad en woord en in wrklikheid!) sal ons nie ons land en volk kan bevry van hierdie gevaar waarteen ons nou staan en nog moet deurgaan!

Ons moet ons reg ruk! Ek gaan myself regruk! Gaan jy?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.