Plaasmoorde: Minister se stilswye grens aan aandadigheid

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die minister van polisie, Nathi Mthethwa, vandag daarvan beskuldig dat sy stilswye oor plaasmoorde aan aandadigheid grens.

AfriForum se uitlatings kom nadat nog ʼn bejaarde egpaar (albei tussen 70 en 75 jaar) se lyke Dinsdagoggend op hul plaas in die Vrystaat ontdek is. Die liggaam van die man is op die vloer in die egpaar se plaaswinkel gevind en die vrou se liggaam is in die vrieskas gekry. “Die minister se stilswye oor die vlaag van plaasmoorde wat die land getref het, is ʼn absolute skande,” het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum gesê. “Indien die minister ernstig oor die beskerming van Suid-Afrikaners was, sou hy jare gelede reeds plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad verklaar het.” Roets het bygevoeg dat AfriForum nie net sy veldtog teen plaasmoorde vanjaar aktief sal voortsit nie, maar dat die organisasie die veldtog sal verskerp.

AfriForum het verlede week ʼn klag by die Openbare Beskermer ingedien oor Mthethwa se onverantwoordelike hantering van die plaasmoordkrisis. Die klag is op aanvraag beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul van der Walt ·

Hi daar.
Luister vrydag 2013-01-18? na n insetsel op e-nuus op kyk net toe Nati Mthethwa (nadat hy eers gesweig het) praat en hy impliseer dat boere wat vermoor word hul werkurs sleg behadel het ?? Kan die stelling nie groot regs implikasies vir n versterking van on saak wees nie. Hy se m.a.w. ons kry waarvoor on gesoek het – regverdig die moorde. Kan die manne met regs kennis nie op die saak in gaan nie?
Groete
Paul

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.