Plaasmoorde: Veldtog die wêreld ingestuur

AfriForum gaan Donderdag ʼn memorandum aan 110 ambassades en internasionale instellings rig waarin ʼn beroep gedoen word op die internasionale gemeenskap om diplomatieke druk op die regering te plaas om die kwessie van plaasmoorde aan te spreek.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het verduidelik dat hierdie aksie deel van AfriForum se Stop die Moorde-veldtog is. “Ons uiteindelike doel is om die regering te oortuig om plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar en om spesialiseenhede vir landelike veiligheid daar te stel. Met hierdie aksie wil ons die internasionale gemeenskap in kennis stel van ʼn katastrofe wat deur ons eie regering uit die gesig uit geboender word.”

AfriForum se navorsingspan het die lys van lande en internasionale organisasies opgestel. Daar is spesifiek gefokus op lande en instellings wat nog nie van die probleem bewus is nie en wat moontlik diplomatieke druk op die Suid-Afrikaanse regering kan toepas. ʼn Aantal internasionale mediamaatskappye is ook geïdentifiseer.

Elke memorandum word deur ʼn afdruk van die boek Land of Sorrow (Engelse weergawe van Treurgrond) asook die dokumentêre film oor plaasmoorde War of the Flea vergesel.

ʼn Afskrif van die memorandum, sowel as die boek en DVD, sal ook môre om 14:00 aan ʼn verteenwoordiger van president Jacob Zuma by die Uniegebou oorhandig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jaco postma ·

Aan al die Sg. Boere ons soek hulp van ander en kruip by ander nasies wanneer gaan ons weer boere en regte boere word en terugvat wat aan ons behoort maar nee ons sal bid , sal smeek , alles doen maar O nee ons kan nie opstaan en vat wat regmatig ons sin is nie …

Ons het karre huise ens hulle gaan nog alles by ons vat en moor ons stelselmatig uit en op die wreedaardigste maniere verkrag ons vroue , Verwoes ons land en ekonomie , verniel alles waaraan hulle vat tot in die grond in want dit is hulle manier , hulle sal aanhou tot daar net mooi niks van ons land oor is nie maar nogsteeds sit ons met ons handtjies gevou en bid en smeek by ander wat van ons vat wat ons sin is maar NEE ons sal maar uitgemoor word ons vroue vekrag word ons kinders oumens vermoor word en maar net aangaan….

Ons het in n patetiese nasie ontaard is al wat ek kan se ek het en sal nooit enige aksie steun Shame arme ons ne. Almal bid maar niks gebeur nie hoekom nie die volgende sal dit mooi uitbeeld …

Die boer en die DS, is in die rivierloop , Hulle hoor n magtige dreuning , In die verte sien hulle die water stroom oor die walle soos die rivier afkom in sy mag. Die Ds, se vir die bier broer nou moet ons bid , Die boer antwoord nee Ds. nou moet ons die perde bliksem en hier uit kom ons kan bis as ons heel anderkant is , dit my liewe vriende is ons ondergang God gaan nie help voor ons nie hand in eie boesem druk nie..
jaco

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.