Plaasmoorde: “Verwyder plaasaanvallers uit die gemeenskap,” sê premier

Thandi Modise

Thandi Modise, premier van Noordwes, het Maandag gesê mense wat boere aanval moet permanent uit die gemeenskap verwyder word.

“Mense wat die plaasgemeenskap teister, veral kwesbare bejaardes, moet geen plek in ons gemeenskap hê nie en moet permanent verwyder word,” het sy gesê.

‘n Boer is Sondagoggend op sy plaas buite Ventersdorp in Noordwes vermoor en sy vrou aangerand.

Twee mans het die boer, Johan Stighlingh (67), glo net voor 10:00 buite sy huis op die plaas Sterkstroom voorgekeer. “Hulle het hom oor die kop geslaan en hom in die huis in gesleep. Daar het hulle op sy 63-jarige vrou, Cora, afgekom en haar ook aangeval,” het brig. Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

Die mans het die vrou vasgebind en het met twee selfone gevlug. Sy kon haarself bevry en het hulp op ‘n naburige plaas gaan soek. Johan is op die toneel dood. Cora sterk in ‘n hospitaal in Klerksdorp aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mev E J Otto ·

Dis een van die min kere wat erkenning verkry word Ons se dankie vir die MInister!

Henning ·

Ek is nie seker wat sy bedoel nie, maar hoop sy gaan haar plan om dit reg te kry binnekort ter tafel lê.

Mariana Fourie ·

Wil glo sy bedoel dit. Maar ek het ook al my geldjies op die vrouens van die land
om dit reg te ruk. Minister my hoogste agting en respek is vandag vir jou.
Baie dankie.

Miss Knysna ·

I hope she is sincere. God knows we need someone to stand up for the farmers in this country. Left to Zuma nothing will happen. I wonder if he is even aware of the farm murders?

H J Bester ·

Dis die enigste stem tot dusver uit die ANC-regering wat plaasmoorde pertinent veroordeel. Selfs die minister van Polisie, Nathi Mthethwa, beskou plaasmoorde as nie ernstiger as enige ander moord nie.

Moontlik word minister Thandi Modise se pleidooi nog veroordeel uit die ANC en haar stem stil gemaak. Daar moet nie gehoop word op baie spesiale optrede teen plaasmoorde nie – inteendeel is ek van opinie dat die ANC-regering dit heimlik “goedkeur” want dit help verjaag die boere van hul grond af – grond wat hul baie graag wil verkry vir die hervestiging van duisende sogenaamde grondloses.

santa zeelie ·

En hoe verwyder jy die “buitelanders”. Vanmore is n Oom by Cullinan aangeval en berook, die 2 manne het hul sel daar verloor, die SAP se dis Zimbabwe mense!! Hoeveel van die moorde en aanvalle is van “imigrante”? Keur en stop instroming na SA!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.