Plaasmoordenaar kry lewenslank

ʼn Man wat in 2010 ʼn boer op sy plaas in Limpopo vermoor het, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Luitenant-kolonel Ronel Otto, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die 39-jarige Slow Rodgers Makhuvele is skuldig bevind op die moord van Paul Dunn (49). Dunn was ’n plaasbestuurder van Constantia Produkte, ’n sitrusplaas in die Letsitele-gebied buite Tzaneen. Hy is in Februarie 2010 in die vroeë oggendure in sy huis doodgeskiet.

“Makhuvele en twee medepligtiges het toegang tot Dunn se eiendom verkry deur die elektriese heining van sy erf te knip,” het Otto gesê. “ Hulle het toegang tot die huis bekom deur ʼn venster te breek. Dunn het wakker geword en die mans konfronteer waarna ʼn skietery ontstaan het. Dunn is in die bors en maag geskiet en is op die toneel dood. Makhuvele is ook tydens die skietery gewond en is dieselfde dag in hegtenis geneem,” het Otto bygevoeg.

Makhuvele is Maandag skuldig bevind op dié moord en lewenslank gevonnis. Hy is ook 15 jaar tronkstraf gevonnis vir huisbraak, 7 jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en 3 jaar vir onwettige besit van ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.