Plaasmoordenaars wat boer sleep sit lewenslank

André van der Merwe

Die twee mans wat ʼn boer van Noordwes, André van der Merwe, geskiet en agter sy eie bakkie aangesleep het, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Thabo Matlhoko (25) en Shadrack Smith (29) is ook ʼn addisionele 20 jaar tronkstraf opgelê vir roof en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Brig Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die mans is in die Mmabaho-hooggeregshof skuldig bevind en gevonnis.

Van der Merwe is op 30 April 2011 op sy plaas in Ottosdal vermoor. Hy is vier keer geskiet en toe vir sowat 2 km agter sy eie bakkie aangesleep, waarna die moordenaars sy liggaam in ʼn mielielandery gegooi het.

Lt.genl. Zukiswa Mbombo, polisiekommissaris van Noordwes, het gesê hulle hoop dié streng vonnis stuur ʼn sterk boodskap aan oortreders om ander mense se reg op lewe te respekteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.