Plaasmoordpetisie vir VN opgestel

Hibbe van der Veen is op sy melkboerdery in Bronkhorstspruit aangeval. Hy het sy stem by AfriForum se plaasmoordpetisie gevoeg.

Hibbe van der Veen is op sy melkboerdery in Bronkhorstspruit aangeval. Hy het sy stem by AfriForum se plaasmoordpetisie gevoeg.

Volgens AfriForum is plaasmoorde ʼn unieke misdaad, veral as ʼn mens die frekwensie en gewelddadigheid daarvan in ag neem. Boonop dra boere se lewensomstandighede daartoe by, aangesien hulle hulself dikwels kilometers ver van die naaste bron van hulp bevind.

Dié burgerregte organisasie het Woensdag ʼn elektroniese petisie in Pretoria begin, wat die regering opnuut versoek om plaasmoorde as misdaad te prioritiseer. “Die petisie sal in November vanjaar by die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidsaangeleenthede ingedien word,” het Ernst Roets, die adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

AfriForum het ook ʼn verslag, getiteld “Die Mthethwa-dossier” by die geleentheid bekend gestel. Die verslag bevat die besonderhede van tien gevalle in die afgelope twee jaar waartydens slagoffers van plaasmoorde probeer het om die minster van polisie, Nathi Mthethwa, se ingryping by die misdaad te kry. Volgens Roets is hulle pogings om met die minster te kommunikeer telkens met minagting begroet.

“Die Mthethwa-dossier stel die minster se lakse houding jeens plaasmoorde in die kollig. Mthethwa praat, maar het tot dusver geen daadwerklike stappe gedoen om plaasmoorde te beëindig nie. Elke besluit wat die regering die afgelope dekade oor plaasmoorde geneem het, dui eerder op ʼn deprioritisering daarvan. AfriForum eis dat plaasmoorde geprioritiseer word, nie omdat boere spesiaal is nie, maar omdat plaasmoorde ʼn unieke misdryf is, wat ʼn uitsonderlike teenstrategie benodig,” het Roets verder gesê.

AfriForum vra die publiek om die petisie by www.hoelanknog.co.za te onderteken. Die petisie sal op 1 November sluit, waarna die finale voorbereiding vir AfriForum se deelname by die VN-forum gedoen sal word. Die organisasie het reeds vir die geleentheid geregistreer en sal ook ʼn spreekbeurt kry. Die petisie sal ter ondersteuning dien van ʼn verslag wat AfriForum by die VN sal indien. Die organisasie beoog ook om bepaalde VN-amptenare te gaan sien om die saak in meer besonderhede te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Johan ·

Julle moes lankal al n geraas gemaak het,en doen dit die keer met meet argresie asb.

Trippie ·

Vuurtjie, ons MOET probeer. Ek is baie lief vir ons Boere-gemeenskap, bekend, onbekend, almal van hulle, so ‘n spesiale plekkie in my hart !

Ja, die dreksel het dit ook so aan die swart ras se pres oorgedra, plaasmoorde hoef nie prioriteit te geniet nie en sal net soos enige ander moord, hanteer word.

Seg Net ·

Vlamman nee vriend, dit is omdat ons as Afrikaner sit waar ons sit. Niemand is bereid om iets te doen nie, en sodra iemand iets probeer word dit klaar afgeskiet met sulke negatiewe houdings soos wat jy inneem. Wanneer gaan ons Afrikaners leer om saam te staan. Indien ons soos die swartes kon saamgestaan het, verseker ek jou was ons nie nou in hierdie gemors nie. As daar iemand is wat die regering kan aanvat is dit die VN. Onthou die grondwet is hier aan ons kant. Ons moet hierdie saak ondersteun met alles wat ons het.

Seg Net ·

Mense hier is ons kans om die plaasmoorde onder die VN se aandag te bring. Ons moet hier saam staan en hierdie saak ondersteun dit kan moontlik die laaste kans in ‘n baie lang tyd wees. Ons moet hierdie woord versprei oor die helle land en die mense moet teken.

Trippie ·

Merk jy het dit op Praag ook genoem. Wonder waar is ons Hollandse vriend, Hans Onrust.

Seg Net ·

Wonder self waar hy is. Mens op Praag nie so beïndruk nie. Veral de juur kyk op Praag onder forum.

Trippie ·

SegNet – ek het nou net gaan lees. Dit is nou maar soos ons liewe nasie is, ons kon nog nooit saamstaan nie. Dis jammer, want tog voel ons oor een ding dieselfde, maar as dit op die “push” kom .. word mens “afgeskiet” !

Ek berus daarby, ek het my deeltjie gaan doen, wat moet gebeur sal gebeur. Laat ons, ons lei deur God !

H J Bester ·

Die meeste praaglesers is slegs aanhangers van die aktivis Dan Roodt wie nog nooit iets konstruktiefs gedoen het vir die Afrikaners nie buiten as om lawaai te maak en met die een oplossing na die ander te kom. Verder is hy ook ‘n groot yweraar vir ‘n Afrikaner-tuisland of anders gestel, vir selfbeskikking vir die Afrikaners maar kon nog nooit sê met wie hy hierdie mooi ideaal gaan onderhandel nie. Nee wat, hy jaag net emosie op met mooi stories en geen daadwerklike oplossing nie. Nee wat, ek glo lankal nie meer hierdie jafel nie – hy praat net te veel en doen te min !!!

JAVR ·

Segnet en Trippie, ja my geloof in die witnasie vir saamstaan is ook nie van die hoogste nie MAAR ONS MOET POSITIEF BLY en hoop dat as die regte tyd daar is sal ons soos EEN MAN UITRYS!!!

Justi ·

Ek gaan beslis teken. Ek woon op n plaas en slaap baie ongerus. Moet elke dag en nag op my hoede wees. Ek moet soos n krimineel altyd rond loer wie le my voor. Dis aaklig!!

Trippie ·

Justi, ek hoop van harte jou skietyster slaap 24/7 saam met jou.

Pas jouself mooi op XXX

Justi ·

Dankie Trippie. Jy moet jouself asb ook oppas hoor? Julle mense is dierbaar. Dit gee mens weer moed. XxX

Seg Net ·

Justi kom ek gee vir jou baie goedkoop advies. Ek bly ook op ‘n plaas. Jou beste alarm in die wêreld is ganse my vriend. Lank voordat enige hond of iets jou sal waarsku begin daardie ganse raas indien iemand op pad is. Dit werk soos ‘n bom en kos jou minimaal.

Justi ·

Hallo Seg net. Ek is n dame my vriend. Ek het ganse maar ek is eerlik, dit verminder nie die vrees en “wonder” of ek more weer die son sal sien opkom nie.

Justi ·

Ek het n skiet ding ja, maar wat doen ek teen 5 of meer van hulle? Dis angswekkend. Dankie Seg net. Pas jouself asb ook op.

vuurvreter ·

Seg net ek sal sommer dubbel teken. Ek sal self march as dit moet. Ek weet net die gemors wil nie luister nie. Ek het darem 2 geklits wat by ons ingebreek het laas jaar.

Jasper ·

Vroëer jare het ons malik n biddag vir rëen gehou as n langdurige droogte aan ons sakke gevat het.
Daar moet vining n dag aanbreek waarop elke gelowige Afrikaner alles los waarmee hy besig is, pen, laptop, besigheid, trekker, spênners, sport, afspraak, kar koop ens. ens. en bymekaar kom om ons voor Die Almagtige Vader te verootmoedig en Sy naam aan te roep sodat Hy ons kan verlos uit hierdie Volksmoord wat besig is om plaas te vind

mickey ·

Ek sal ook petisie teken ons boer ook en ek besef die gevaar waarin elke boer/boervrou /blanke persoon verkeer maar ek verstom my dat die hele wereld op hol is oor die 1000 mense wat vernoor is in Sirie deur moontlik hul eie regering maar hier in suid afrika word ons mense in duisende op wreedaardige wyses vermoor en dit met die regering se toesteming en die wereld kyk swyend toe

Frederick ·

Kan Afriforum die petisie en video’s in engels ook versprei. Dit is nie net Afrikaners wat deur die moorde geraak work nie, en so kan hulle meer ondersteuning werf, selfs van buite SA grense…

George da costa ·

Die polisiie stel nie belang as dit wittes is,en dit is jammer dat dit so is want ons het so n mooi land waar almal kan saam bly.

Ester de Beer ·

Hierdie is ‘n baie goeie stap wat nou geneem word. Op tuisfront kry ons geen samewerking nie en al wat oorbly is in naakte detail hierdie plaasmoorde aan die groot klok Oorsee grehang kry. Hopelik sasl daar meer media dekking wees insake ons boerevolk se vertrapping. Sterkte aan AfriForum.

JJ ·

ons moet maar saam staan en mekaar help. Bid en vra dat God ons sal bystaan en krag gee on in die land te kan bly want dis wat ons regtig nodig het.

Christa Dreyer ·

Ons het in 1999 – 09 – 17 ‘n plaasaanval gehad dis nou 14 jaar terug en ons het dit oorleef en is trots om in ons land te bly. Ons boere is kosbaar sonder hulle is daar nie voedsel nie.

Anne-mari Coetzee ·

Stop die plaasmoorde asb! Julle vernietig ons lewensaar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.