Plaaswerker kry glo epileptiese aanval

Die twee boere van Vryburg wat aangekla word van die moord op ʼn plaaswerker, het gister in die hof aangevoer dat hy ‘n epileptiese toeval gekry het.

Beeld berig dat Danie Cloete (34) in die Vryburg-landdroshof getuig het dat hy mond-tot-mond-asemhaling op Bakang Moleko (24) toegepas het om sy lewe te probeer red nadat hy die toeval gekry het. Danie en sy pa, Mathys (69), word daarvan beskuldig dat hulle Moleko met motorkabels doodgeskok het en poging tot moord op ʼn ander werker. Die lykskouing word eers vandag gedoen. Cloete sr. het getuig dat twee bande en 25 liter diesel op hul plaas gesteel is en dat die man wat dit gekoop het op ʼn buurplaas opgespoor is. Hy het twee van die Cloetes se werknemers as die diewe uitgewys. Cloete jr. het getuig die polisie kon nie iemand uitstuur om die diewe in hegtenis te neem nie. Die Cloetes het die vermeende diewe vasgebind. Moleko het toe glo agteroor geval en ʼn epileptiese toeval gekry. Cloete jr. beweer hy het hierna mond-tot-mond-asemhaling toegepas voor hulle na die kliniek in Piet Plessis gejaag het waar Moleko dood verklaar is. Die borgaansoek is uitgestel.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.