Plaaswerker sterf in Boland-ongeluk

ʼn Plaaswerker is dood en 25 ander beseer nadat die vragmotor waarop hulle vervoer is Dinsdag naby Wellington in die Boland omgeslaan het.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek, berig die SAUK.

ʼn Woordvoerder van Metro Rescue sê vyf werkers is ernstig beseer. Die beseerdes is na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.