Plaaswerker sterf ná trekker op hom val

Argieffoto

ʼn Plaaswerker is Woensdag in die Wes-Kaap dood nadat ʼn trekker op hom omgeslaan het.

Vanessa Horn, ‘n woordvoerder van die Wes-Kaapse nooddienste, sê die ongeluk het op ʼn plaas naby Stellenbosch plaasgevind. “ʼn Helikopter is na die Lillyweg Hidro-plaas gestuur nadat die ongeluk plaasgevind het. Die werker het ernstige beserings opgedoen en was reeds dood toe paramedici op die toneel kom. Dit is nog nie seker hoe die ongeluk plaasgevind het nie,” het Horn gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.