Plaaswerker vas vir moord

handcuffs3-320x257ʼn 19-jarige plaaswerker is Sondagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn ander plaaswerker vermoor het.

Ao. Hannes Theron, woordvoerder van die polisie, sê die twee plaaswerkers het glo in ʼn geveg oor alkohol betrokke geraak waarna die 19-jarige man die 21-jarige slagoffer met ʼn mes gesteek het. Theron sê albei mans het op die plaas Vrede buite Graaff-Reinet gewerk. Die verdagte sal Maandag in die Graaff-Reinet-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.