Plaaswerkers se minimum loon styg

Minister Mildred Oliphant

Die minimum loon vir plaaswerkers sal voortaan R105 per dag wees.

Mildred Oliphant, minister van landbou, het Maandag dié aankondiging in Pretoria gemaak.

Die vorige minimum loon was R69 ʼn dag. Die verhoging verteenwoordig dus ʼn styging van byna 52%. Die nuwe lone tree van 1 Maart in werking.

“Die nuwe minimum loon is R105 ‘n dag vir werkers wat nege ure ‘n dag werk, of R11,66 per uur, of R525 weekliks, of R2 274,82 ‘n maand,” het Oliphant gesê.

Die minister se aankondiging volg op openbare verhore oor ‘n nuwe minimum loon vir die landbousektor. Dit het voortgespruit uit gewelddadige stakings in die Wes-Kaap. Plaaswerkers het aangedring op ‘n minimum loon van R150 ‘n dag.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.