Placido Domingo kanselleer dalk nóg vertonings

Placido Domingo

‘n Video waar Domingo die bekende Nessun Dorma opvoer, volg onderaan die berig.Die bekende operasanger Placido Damingo (72) se seun het gesê verdere vertonings van dié sanger kan moontlik gekanselleer word nadat hy in ‘n hospitaal in Madrid opgeneem is.

“Hy het geen planne om af te tree nie,” het Alvaro Domingo Donderdag gesê. Die Spaanse tenoor kan moontlik in die volgende drie of vier dae uit die hospitaal ontslaan word.

Domingo is Maandag in die hospitaal opgeneem nadat ‘n bloedklont glo ‘n pulmonêre embolis veroorsaak het.

“Hy sal ná sy hospitalisasie vir drie weke lank in Madrid aansterk,” het Alvaro bygevoeg. “Terwyl hy herstel mag hy glo nie sing nie, het die dokters gewaarsku.”

Domingo het reeds ses vertonings vandeesmaand in Madrid gekanselleer. Hy sal moontlik volgende maand in Salzburg, Oostenryk, optree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.