Planne gemaak om vliegtuigwrak te verwyder

Die regering in Indonesië het Maandag bekendgemaak wat met die wrak van ʼn vliegtuig gaan gebeur nadat die vliegtuig Saterdag in twee dele geskeur het na ʼn noodlanding. Die vliegtuig het die aanloopbaan by ‘n lughawe in Bali gemis, en in die see beland.

Die Lion Air-vliegtuig sit in vlakwater langs die kuslyn vas. Beamptes wou aanvanklik die Boeing 737-800 met ʼn boot sleep, maar het vasgestel dat dit te swaar is. Hulle het besluit om die wrak in verskillende stukke te sny en só te verwyder om te verhoed dat die wrak nie die gebied se koraalriwwe beskadig nie.

Beamptes probeer steeds die oorsaak van die ongeluk bepaal.

Maroela Media het Saterdag berig Edward Sirait, direkteur van algemene sake van Lion Air, het gesê die vliegtuig was van Bandung in Wes-Java onderweg na Bali met 101 passasiers naamlik 95 volwassenes, vyf kinders en ‘n baba, en sewe bemanningslede aan boord. Niemand is dood nie.

Klik hier om foto’s van die ongeluk te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.