Planne om Velvet Sky weer in die lug te kry

Laekoste lugredery Velvet Sky het Vrydag bevestig dat hy drie verskillende reddingsplanne in plek het, het EWN Saterdag berig.

Dié verdrukte maatskappy se vloot is steeds onaktief nadat brandstofreus BP ʼn likwidasieaansoek teen die lugredery ingedien het. Volgens Velvet Sky sal alle werknemers steeds in diens bly van die maatskappy, ten spyte van die tydelike afleggingskennisgewings wat uitgereik is. Die maatskappy se Paul Greens het gesê hulle doen hul bes om te verseker dat hulle so gou as moontlik weer operasioneel sal wees. Hy sê twee strategieë behels onder andere ʼn algehele uitkoop van die maatskappy en herkapitalisering en ʼn derde strategie behels herkapitalisering en ʼn verandering in topbestuur. “Daar is baie wat agter die skerms gebeur om die lugredery weer aan die gang te kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.