Planne op die tafel vir Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard se sprokiestroue

Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard. Foto: Huisgenoot

Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard sweer in November ewig trou aan mekaar en die geleentheid beloof om een van dié troues van die jaar te wees.

Jacaranda FM skryf op hul Glam & Skinner blog Karlien se trourok gaan deur haar vriendin, die ontwerper Anel Botha, gemaak word. Daar word nie baie uitgebrei oor waar die troue gehou gaan word nie, maar dit gaan wel êrens in die Paarl wees. Die Coleske-broers gaan vir die paartjie sing as hulle vir mekaar die regte hand gee, ter aanskouing van die room van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Volgens Janis Ellis, wat die paartjie se media navrae hanteer, gaan hierdie die troue van die eeu wees en gaan die bedryf dié dag tot stilstand kom.

“Dit gaan ʼn ware sprokies-troue wees en ons gaan glad nie terug hou nie. Dit gaan ook nie ʼn konvensionele troue wees nie en van Suid-Afrika se top musikante gaan daar optree.” Ellis kon nie meer inligting in die stadium bekend maak nie maar het wel gesê: “Karlien is die beste bruid ooit wat presies weet wat sy wil hê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae