Planne vir Madiba se verjaarsdag

Foto: Nelson Mandela Foundation/SAPA

Familielede van voormalige president Nelson Mandela beplan verjaardagvieringe in Pretoria, Londen en Monaco.

Die Sunday Times berig familielede beplan “Nelson Mandela verjaardagvieringe” in verskeie stede, met verskeie sokkerwedstryde wat Manchester City insluit vir die voormalige staatsman se 95ste verjaarsdag op 18 Julie. Die gebeure, wat in ‘n 25-bladsy brosjure adverteer word, word deur die African Rising Foundation gereël en sal ‘n gala-ete by die Uniegebou in Pretoria insluit met “Afrika-leiers, vriende van Madiba, pan-Afrikaanse multinasionale ondernemings en instansies”.

Die “Monaco Million Dollar Super Four” is ‘n boksgeveg waaraan super-middelgewig Edwin Rodriguez ook sal deelneem. Golden Gloves eienaar Rodney Berman sou dié geleentheid reël, maar volgens die Sunday Times het hy homself Vrydag van die toernooi onttrek. “In lig van die twis oor die Madiba-miljoene en sy gesondheid, het Golden Gloves ‘n besluit geneem om nie hierby betrokke te raak nie. Ons wil nie in die kruisvuur beland nie,” het Berman gesê.

Mandela is op 6 April ontslaan nadat hy op 27 Maart in ‘n Pretoriase hospitaal opgeneem is vir longontsteking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Angelique ·

Ek wil net dit weet:
1: Gaan hy daar wees?
2: Wanneer sien ons nuwe fotos van hom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.