Planne vir Wes-Kaapse plase

De Doorns

Gerrit van Rensburg, LUR vir landbou in die Wes-Kaap, het ʼn plan van stapel gestuur om ʼn aantal kwessies in die landboubedryf aan te spreek.

Dié 12-puntplan se doel is om verdere onrus te verhoed in provinsiale boerdery, wat tussen November en Januarie tot ʼn stilstand gedwing is ná ʼn betoging teen lae lone en swak lewensomstandighede, berig die Cape Argus. “In die kort tot mediumtermyn sal ons regoor die provinsie ʼn opname doen van plaasarbeiders om betroubare inligting te bekom oor die plaasarbeiders en hul lewensomstandighede,” het Van Rensburg gesê. “Dit sal ʼn databasis van plaasarbeiders vorm en betroubare huishoudingprofiele bevat.”

Die departement beplan ook om ʼn tolvrye nommer beskikbaar te stel wat volgende maand aktiveer sal word. Plaasarbeiders sal by dié nommer hul besware kan aanmeld.

Van Rensburg sê daar sal ook groter samewerking wees tussen boere en hul werknemers deur geleenthede soos maandelikse etes en vergaderings te reël.

Nosey Pieterse, president van die Black Association of the Wine and Spirit Industry (Bawsi) het gesê die plan sal, sonder insette van die vakbonde en plaasarbeiderorganisasies, nie suksesvol wees nie. “Dit is ʼn goedkoop poging om stemme vir 2014 te werf. Ons sal lede aanmoedig om nié die plan te ondersteun nie,” het Pieterse gesê.

Lees ook:
De Doorns: Belastinggeld vir betogings gebruik
Minimumloon vir plaaswerkers tree in werking
Nuuskommentaar: Belangrike week vir Suid-Afrika
Nuuskommentaar: Zuma onder grootste druk van hy staatshoof geword het
Nuuskommentaar: Nuwe minimumlone vir plaaswerkers
Nuuskommentaar: Babelas na die wingerdgriep
“De Doorns is geen staking nie”
De Doorns: Sommige betogers werk dalk weer môre
De Doorns: Hoofweg gesluit
“Maak gereed vir grootskaalse moeilikheid landswyd”
De Doorns-onluste: Bawsi sê staking nie opgeskort nie
Betogings in die Wes-Kaap opgeskort
De Doorns-onluste: Naam van oorledene bekendgemaak
De Doorns: Joernaliste loop deur
De Doorns-onluste: ANC wil staking opskort
Wes-Kaap- onluste: Boere moet onderhandel sê minister
De Doorns-oproer: Polisie gebruik waterkanon
De Doorns: Joernalis se kar aan die brand gesteek
Wes-Kaap-betogings raak gewelddadig
Wes-Kaap-staking begin weer volgende week
Plaasarbeider-staking vir eers verby
Betogings in die Wes-Kaap nog “vreedsaam”
Minister vra vir vreedsame betogings
Wes-Kaap Cosatu vra vir landswye betogings
ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase
De Doorns-kinders glo te bang om skool by te woon
De Doorns-betogers verjaag Zille
KVBA onderhandel in De Doorns
Boer van De Doorns in hegtenis geneem
Stakende plaasarbeiders steek plase glo aan die brand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.