Plase afgesny weens koue weer

Foto: Karoo Backpacker-vereniging

Die laagste temperatuur wat vanjaar op Molteno, een van die koudste plekke in die land gemeet is, was -12.8ºC.

Koue weer het verskeie dele van die land die afgelope naweek geteister, maar dit was nog nie die koudste tot nog nie, berig Landbou.com. Sandy Stretoon, ‘n boer van Molteno sê hy het einde Mei vanjaar -12.8ºC op sy plaas, Buffelsfontein, gemeet.

“Die koudste wat ek gemeet het, was Saterdag (14 Julie 2012) toe dit -8,5 grade Celsius was,” het Stretton gesê. Die maksimum temperatuur Saterdag was -2,5ºC.
 
Saterdagaand het hulle ook weerlig en donderweer tydens ’n sneeustorm beleef. Hy boer met skape en beeste en sê hy het tot dusver geen probleme met sy vee gehad nie, en geen verliese is aangeteken nie.
 
Ernest Pringle, voorsitter van Agri Oos-Kaap, sê waarskuwings oor die koue is dié jaar betyds uitgestuur. “Boere het vier dae gehad om hulle voor te berei om diere te beskut en dies meer,” het hy gesê.

Boere in die distrik het verlede jaar glo sowat 5 000 Angorabokke weens erge koue verloor.
 
Intussen berig EWN dat sewe plase in die Beaufort-Wes-omgewing weens swaar sneeuval afgesny is. Erge koue en reëntoestande duur voort in die Wes-Kaap. Carl Opperman, hoof uitvoerende beampte van Agri Wes-Kaap het gesê ‘n weermaghelikopter is na die gebied gestuur om slagoffers by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.