“Plase verdien nie spesiale beskerming nie” – Mthethwa

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa. Foto: GCIS

Plase is nie spesiaal nie en verdien nie meer fokus van die polisie as enige ander gebied in die land nie, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, Donderdag gesê.

“Ek weier om saam te stem dat plase spesiale gebiede in ons samelewing is,” het hy Donderdagoggend by ‘n New Age-inligtingsessie in Johannesburg gesê. “Hulle is deel van die groter landelike veiligheidsplan.”

Hy sê die plan spreek geweld en misdaad in die “totaliteit” van landelike areas aan. “Ons praat van die nedersettings… en die algemene misdaad in die landelike gebiede. Plase sorteer hieronder.”

Mthethwa sê sommige landbougroepe het plaasmoorde verpolitiseer. “Vir dié wat plaasmoorde wil verpolitiseer, vra ons om na die groter prentjie te kyk… sodat ons seker is ons praat van landelike veiligheid in die algemeen.”

Dit volg op kritiek wat Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum, op 15 Januarie teen Mthethwa uitgespreek het. “Die minister se stilswye oor die vlaag plaasaanvalle is ‘n skande,” het hy gesê. Roets het gereageer op die moord van ‘n bejaarde paartjie op ‘n plaas naby Parys in die Vrystaat.

Die uitgewery Kraal Uitgewers stel in Maart vanjaar die tweede uitgawe van die boek Treurgrond vry nadat die opspraakwekkende eerste uitgawe in 2011 baie vinnig uitverkoop het. Dié boek is ‘n opgawe van bykans 3 320 plaasaanvalle op alle rassegroepe wat tussen 1990 en 2012 in die land plaasgevind het. Minstens 1 600 mense (insluitende boere en plaaswerkers) is in dié aanvalle vermoor.

Maroela Media het gister nuuskommentaar gepubliseer oor die hoeveelheid plaasaanvalle in verhouding tot die hoeveelheid beriggewing wat in die media oor dié aanvalle gedoen is. Lees die kommentaar hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

sonja ·

Maar skiet nou die een wat jou aanval, dan is die polisie dadelik daar om jou in hegtenis te neem, want die skelm het “sy mind gechange” en nou word jy vir moord aangekla. Skokkend dat die land nog bestaan met leiers soos die. Ek is al lankal uit die land uit en sal nooit terug keer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.