Plastiek banknote vir Engeland

'n Konsep van die nuwe £5-noot Foto: AP

‘n Konsep van die nuwe £5-noot Foto: AP

Die Bank van Engeland het gesê hy gaan vir die eerste keer in sy 300-jarige bestaan plastiekbanknote vervaardig.

Die besluit is geneem nadat navorsing die afgelope drie jaar bewys het dat plastieknote langer skoon bly, moeiliker is om te vervals en twee keer langer as katoenpapier hou.

Die sentrale bank het Woensdag gesê dat kontant, wat van polimeer eerder as katoenpapier vervaardig word, gebruik sal word wanneer ʼn nuwe £5-noot met voormalige eerste minister Winston Churchill daarop in 2016 beskikbaar gestel word.

Mark Carney, goewerneur van die bank, het gesê die polimeer-banknote is “die volgende stap” om vertroue in kontant te verseker.

ʼn £10-noot, ook van polimeer, met Jane Austen daarop, sal in 2017 vrygestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.