Platinumfirmas gaan KVBA glo alleen raadpleeg

Stakende Amcu-lede van Lonmin by Wonderkopstadion Foto: @thembaelvis, Twitter

Stakende Amcu-lede van Lonmin by Wonderkopstadion Foto: @thembaelvis, Twitter

Die wêreld se top drie platinummyne, Impala, Lonmin en Anglo American in Noordwes, gaan na verwagting Dinsdag glo alleen met onafhanklike tussengangers vergader in ʼn poging om ʼn einde te bring aan die Amcu-staking wat nou al twee weke lank duur.

Onderhandelings tussen platinumvervaardigers en die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), wat deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gefasiliteer is, is verlede week beëindig nadat daar nie ʼn skikking met Amcu bereik kon word nie.

“Die KVBA gaan Dinsdag alleen met die platinumvervaardigers vergader,” het Joseph Mathunjwa, Amcu se president, Sondag aan AFP in ʼn SMS gesê.

Woordvoerders vir die betrokke myne was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

Die platinumsektor gaan gebuk onder die beskermde Amcu-staking. Nagenoeg 80 000 Amcu-lede het op 23 Januarie begin staak. Die vakbond eis ʼn basiese salaris van R12 500 per maand vir myners. Dit is meer as dubbel die huidige intreesalaris. Die platinumvervaardigers het ʼn 7% verhoging aangebied en gesê hulle kan nie meer bekostig nie. Hulle beskuldig Amcu daarvan dat hulle nie wil skik nie. – SAPA

Lees ook:
Amcu-betoger glo deur polisie doodgeskiet
Amcu-lid vas vir saakbeskadiging
Amcu-staking: Lede gaan nuwe aanbod verwerp
Amcu-staking: Laaste dag van gesprekke
Amcu-staking gaan voort
Amcu-onderhandelings duur voort
Amcu-staking: Drama by Amplats
Partye vergader op dag twee van Amcu-staking
Amcu stem in tot verdere onderhandelinge
Amcu-staking: “Lonmin het busse gestop”
Stakende mynwerkers kom by Marikana-stadion byeen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.